Die Storie…

Get in touch

Groen is jou digitale tuiste vir binnenshuise plante in Suid-Afrika.

Ons verskeidenheid, kwaliteit en kennis verseker dat ons die regte plante veilig en op ‘n eenvoudige wyse by jou sal uitkry.

Plante is die wyse waarop enige ruimte lewe kry.

Dis ‘n manier om jou persoonlike stempel af te druk.

Dit skep rustigheid, gee inspirasie, bou identiteit en verhef ‘n generiese vertrek tot ‘n persoonlike lushof.

Groen wil mense help om toegang te kry tot plante wat hulle andersins nie in die hande sou kon kry nie.

Ons pas die plant by die regte pot en gee goeie wenke oor versorging.

Groen – ons help jou om asem te skep.

Wie is ek?

 

Cornel Snyman

Cornel het na universiteit begin werk by Malanseuns. Vir vier jaar was hy ‘n die rekeningbestuurder (“Key Account Manager”) vir beide Builders Warehouse landwyd – en al die kleinhandel kwekerye in die Wes-Kaap provinsie.

Hy en sy voormalige besigheids vennoot John Sauer het Swashbuckle begin- wat vandag vetplante / ‘succulents’ aan Builders Warehouse verskaf. Cornel het in tussen Swashbuckle verkoop en gelos in die hande van John Sauer wat die mees gesogste ‘succulent’ groeier in Suid-Afrika is. 

Die idee vir Groen het ontstaan na ‘n besoek aan Alan van Niekerk by Vrendendal van Cape Garden in die Wes-Kaap.

Vandag fokus Cornel op sy aanlyn tuiste Groen.